Koninkryk van Groot-Brittanje

Hierdie artikel handel oor die historiese staat (1707–1800). Vir die moderne staat, sien die Verenigde Koninkryk. Vir die eiland, sien Groot-Brittanje.
Kingdom of Great Britain
Koninkryk van Groot-Brittanje


1707 — 1800
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Verenigde Koninkryk
Ligging of Verenigde Koninkryk
Grondgebied van die Koninkryk van Groot-Brittanje
Hoofstad Londen
51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117Koördinate: 51°30′N 0°07′W / 51.500°N 0.117°W / 51.500; -0.117
Taal/Tale Engels (de facto amptelik),
Kornies, Wallies (dele van Wallis),
Norn, Skots en Skots-Gaelies (dele van Skotland)
Regering Grondwetlike monargie
Monarg
 - 17071714 Anna
 - 17141727 George I
 - 17271760 George II
 - 17601801 George III
Eerste Minister
 - 17211742 Robert Walpole
 - 17421743 Spencer Compton
 - 17571762 Thomas Pelham-Holles
 - 17661768 William Pitt the Elder
Wetgewer Parlement
Geskiedenis
 - Acts of Union 1707 1 Mei 1707
 - Unie met Ierland 1 Januarie 1801
Oppervlakte
 - 1707 230 977 km2
89 181 sq mi
Bevolking
 - 1707 skatting 7 000 000 
     Digtheid 30,3 /km² 
78,5 /sq mi
 - 1800 skatting 10 500 000 
     Digtheid 45,5 /km² 
117,7 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling

Die Koninkryk van Groot-Brittanje (Engels: Kingdom of Great Britain), bekend as Groot-Brittanje, was 'n staat in Wes-Europa wat van 1707 tot 1800 bestaan het. Dit is geskep met die saamsmelting van die Koninkryk van Skotland en die Koninkryk van Engeland, onder die Acts of Union 1707, om 'n enkele koninkryk te vorm wat die hele Groot-Brittanje eiland omvat het. 'n Enkele nuwe parlement en regering gebaseer in Westminster in Londen het die nuwe koninkryk beheer. Die twee afsonderlike koninkryke van Skotland en Engeland het reeds dieselfde monarg gedeel sedert James VI, Koning van die Skotte, Koning van Engeland geword het in 1603 na die dood van Koningin Elizabeth I.

Die Koninkryk van Groot-Brittanje is vervang deur die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland in 1801 toe die Koninkryk van Ierland met die Act of Union 1800 geabsorbeer is na die onderdrukking van die Ierse Rebellie van 1798.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search